Samestelling/pligte van Direksie
- Ouers van Privaatskool Moria is verkiesbaar as direksielede en enige ouer wat ten minste een jaar ‘n ouer van Privaatskool Moria is, mag genomineer word om op die direksie te dien.
- Nege direkteure word amptelik verkies deur die ouers van die skool.
- Direkteure doen drie jaar diens, maar is na drie jaar herverkiesbaar.
- ʼn Voorsitter en ondervoorsitter word jaarliks verkies.
- Direkteure word verkies vir die volgende portefeuljes/bestuursareas: Finansies; Personeel; Fasiliteite; Akademie; Buitemuurs; Projekte; Boerdery; Koshuis. Direkteure se take behels die beplanning, opstel en uitvoering van aksiestappe ten einde die betrokke portefeuljes/bestuursareas doeltreffend te laat funksioneer.
- Ongeveer 8 (agt) vergaderings word jaarliks gehou en daar word van direkteure verwag om sover moontlik alle vergaderings by te woon.
- Direkteure streef daarna om ten alle tye die visie, missie en karakter van die skool uit te leef en te bevorder deur woord en daad.
- Direkteure kan betrek word by dissiplinêre sake met leerlinge en klagtes vanaf ouers.
Direksie

Mnr. Pieter Willem Esterhuizen
Voorsitter | Personeel - (081) 124 1035
Aanstellings, personeelaangeleenthede, ens.

Mnr. Koch Pretorius
Onder Voorsitter | Fasiliteite | Boerdery/Veilings/Landbou-Projek - (081) 124 9616
Instandhouding en uitbreiding van alle fasiliteite, geboue en voertuie.

Mnr. Buc Louw
Finansies
Begrotings, kontantvloei, salarisse, invorderings van debiteure, rekordhouding, ens.

Me. Heidi Burmeister Nel
Personeel | Buitemuurs: Kultuur
Oorhoofse Kultuur beleid, kultuurkodes, afrigters, ens.

Mnr. Pieter Krone
Akademie - (081) 275 4396
Samewerking met skoolbestuur om akademiese beplanning te doen en suksesvolle implementering te verseker.

Mnr. Danie Janse van Vuuren
Projekte - (081) 255 7554
Aanstel van projek-koördineerders, monitering en koördinering van projekte d.m.v. projekte-komitee, ens.

Mnr. Derick Scholtz
Projekte - (081) 374 2235
Aanstel van projek-koördineerders, monitering en koördinering van projekte d.m.v. projekte-komitee, ens.

Mnr. De Wet Prinsloo
Koshuis - (081) 205 4080
Begroting, personeel, etes, instandhouding, ens.

Mnr. Lukas Holtzhausen
Buitemuurs: Sport
Oorhoofse beleid, sportkodes, afrigters, ens.