Bestuur

Neil Prinsloo
Boodkap van Skoolhoof
Komplekse onderwys-uitdagings maak alreeds 30 jaar deel uit van Moria se daaglikse roetine. Die gemeenskap van Outjo skroom egter nie om die verantwoordelikheid vir die aanbieding van uitnemende onderwys in ons dorp aan te pak nie. Hierdie gesindheid laat my besef dat Privaatskool Moria begenadig is met ’n besondere span wat bestaan uit ouers, personeel, ondersteuners en leerlinge wat Moria instandhou en ontwikkel.
Die volgende faktore geniet deurlopend prioriteit - karakterontwikkeling, personeelvoorsiening, finansies, skepping en onderhouding van ’n onderwysgerigte infrastruktuur, ’n geskikte leerplan en die dinamika tussen die ouerhuis, skool en leerlinge.
Deur hierdie faktore die aandag te gee wat dit verdien, bedien Moria ’n trotse skoolgemeenskap, dorp, land en die koninkryk van God, met uitnemende onderwys.
Indien jy wil deel vorm van ’n skoolgemeenskap waar Christelike familiewaardes geld, plattelandse vryheid en gasvryheid deel vorm van leerlinge se daaglikse roetine en geleenthede op akademiese-, sport- en kultuurgebied nie terugstaan vir enige ander skool binne Namibië nie, is Moria die skool waarby jy jou kinders kan kom inskryf.
Kyk gerus na hierdie webtuiste en dit wat ons vir jou en jou kind kan saamstel in ’n pakket. Kyk ook na die planne vir ontwikkeling en die realisering van dinamiese planne om die onderwyservaring elke dag te verbeter - of kom kuier vir ons in Outjo en maak Moria deel van jou en jou kinders se onderwyservaring.
Ek nooi jou en jou kinders uit: ”Kom groei saam met Moria!!”
DP Prinsloo

Loutjie Grobler
Boodkap van Adjunkhoof
“Moria”, die plattelandse skool met die groot hart, geleë in Outjo, Namibië.
Hierdie dorpie en sy inwoners is soos die omgewing waar dit gevestig is. Dit lyk op die oog af soos net nog `n gewone plattelandse dorp tussen kalkklippe met baie bosse, maar as jy Outjo eers “geproe” het en as jy eers vier seisoene hier deurgemaak het, dan leer jy die dorp met sy mense ken en dan trek dit in jou hart in.
Privaatskool Moria is `n simbool en `n trotse resultaat van ouers wat, ten spyte van baie teenkanting, opgestaan het en saamgestaan het vir die behoud van Afrikaans as moedertaal onderrig met Christen waardes as grondslag vir hulle kinders se opvoeding. Vandag nog is dit hierdie mooi eienskappe in ons skool en gemeenskap wat ons dra deur moeilike tye, maar ook in goeie tye. Die Moria-skoolgemeenskap strek wyd oor ons land en buite ons landsgrense, nie net met ons huidige leerlinge en ons ouers nie, maar ook in ons oudskoliere, wie se fondasies hier by Moria gelê is, trots om nog steeds kontak te hou en trots om as volwassenes verder betrokke te wees as ondersteuners, as onderwysers, as direksie en as ouers wat hulle kinders (`n volgende generasie), ook hier kom inskryf.
Hier strewe ons daarna om ons kinders se akademie, kultuur en sport op te bou tot elkeen se volle potensiaal. Ons strewe daarna om ons personeel se vaardighede verder te ontwikkel, om tred te hou met nuwe tendense en om saam met ons ouers hande te vat in ons God-gegewe roeping, met die opvoeding en voorbereiding van ons kinders vir die uitdagings en die geleenthede in `n vinnig veranderende wêreld.
Met dank aan ons Hemelse Vader.
“In U lig sien ons die lig.”
L.A. Grobler

Naomi Le Roux
Fasehoofde

Lizette Carstens

Naomi Le Roux

Elsabe Marais
