Akademiese Bestuur
Moria se akademie word beplan en bestuur deur die Skoolhoof (Mnr. Grobler), Akademiese Organiseerder (Mnr. Stander) en vier Fasehoofde:
Me. Lizette Carstens
Graad 1-3
Me. Naomi Le Roux
Graad 4-7
Me. Elsabe Marias
Graad 8-9
Mnr. Loutjie Grobler
Graad 10-12
- Fasehoofde is aangestel om toe te sien dat die onderwysers in daardie fase toegerus is met die korrekte en voldoende vakmateriaal.
- Fasehoofde kontroleer die onderwysers se klasaanbieding, vakbeplannings en vakassesserings en moderering van alle vraestelle en antwoordstelle in sy/haar fase.
Afsprake met onderwysers oor akademiese aangeleenthede?
- Ouers is welkom om na skooltyd (13:00) met onderwysers te skakel en ‘n afspraak te maak.
- Onderwysers maak nie afsprake in skooltyd van 7:00-13:00 nie.
- Afsprake kan Maandae of Donderdae tussen 13h10 en 15h00 gemaak word.
- Moria verkies dat ‘n fasehoof die afspraak bywoon. Onderwyser sal dus die fasehoof in kennis stel van enige afsprake.
- Ouers is ook welkom om afsprake met ‘n onderwyser via die fasehoof te maak.